Polsende straalmotor

Diagram van 'n polsstraalmotor

'n Polsende straalmotor (of polsstraalmotor) is 'n eenvoudige soort binnebrandmotor waar die verbranding in polsende slae gebeur. Die gevolglike straal gas wat aan die agterkant van die motor uitgewerp word veroorsaak 'n voorwaartse stuwing in ooreenstemming met Newton se derde wet.

'n Tipiese polsstraalmotor bestaan uit 'n luginlaat wat voorsien is van 'n eenrigtingklep, 'n verbrandingskamer en 'n akoestiese resonante uitlaatpyp. Die klepreëling word verrig deur gebruik te maak van bladkleppe of in kleplose polsstraalmotore deur middel van aerodinamika. Brandstof in die vorm van 'n gas of 'n vloeistofsproei word of met die lug in die inlaatkamer vermeng of daar ingespuit. Wanneer die enjin eers aan die gang kom is slegs die brandstoftoevoer nodig en is die meganisme selfonderhoudend. 'n Toestel om lugvloei te forseer en 'n ontstekingsmeganisme word egter aanvanklik benodig om die enjin aan die gang te kry.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search